Malixole Gwatyu

Malixole Gwatyu

Joernalis, landbouskrywer en sosiale entrepreneur

Hy is ‘n direkteur by BRAND et al, waar hy die advertensiewese en die wêreld van Nisboere betree het. Sy joernalistieke loopbaan het by die Wes-Kaapse dagblad, Die Burger begin, waarna hy in 2005 as ‘n parlemente^re-joernalis by Landbouweekblad gewerk het. Hy is later – van 2008-2012 – as redakteur van Farming SA aangestel.

Malixole is ‘n alumnus van die Universiteit Stellenbosch se Besigheidskool (‘n eenjaar-kursus deur Media24) en 2017-wenner van die FANRPAN Africa Agriculture Media Award, vir sy toewyding om agtergeblewe gemeenskappe en kleinboere se lot te verbeter deur media en kommunikasie.

In 2015 het hy die nie-winsgewende organisasie, INTSIKA Landbouwe^reld gestig, wat hom beywer om Afrika se kleinboere te ontwikkel. Malixole was van 2016 tot 2018 ook ‘n radiojoernalis by RSG (SABC) waar hy hoofsaaklik op landbou gefokus het.

Sy passie vir landbou het hom ook die Oklahoma State University se Fellowship Programme on Entrepreneurship toekenning in 2014 besorg. Hy het ‘n Nasionale Diploma in Taalpraktyk van die destydse Kaapse Technikon (CPUT) en ook ‘n mediakursus by die Poynter Institute in die VSA voltooi.